Nature's Valley Monitor

Oktober 2005 - Uitgawe 4


IN HIERDIE UITGAWE

  1. Ganse en Goue eiers
     
  2.  Dreigende brande
     
  3. Uitreiking
     
  4. Vallei mense
     
Redakteur: Robert Kleyn
         
Fotos:  Robert Kleyn  - Rook in die bos

GANSE EN GOUE EIERS  


Hoekom stroom mense na Nature's Valley en hoekom is dit so gesog onder natuurliefhebbers en buitelandse besoekers.

Hoekom is eiendomspryse in Nature's Valley so hoog en is vraag groter as aanbod

Die antwoord is voor die hand liggend.
Die Valley lę in 'n natuurreservaat met 'n unieke karakter wat natuurliefhebbers en vuisvoos stadsbewoners lok om liggaamlik en geestelik te herstel voordat hulle weer die malle gejaag van die stadslewe aandurf.
Die genesingskragte waaroor die Vallei beskik is alom bekend.
Kan hierdie eineskappe lei tot die ondergang van Natures Valley?
Sal oorbenutting en toestroming die gans wat die goue eiers lę doodmaak?


DREIGENDE BRANDE


 

Vir die afgelope paar weke is die Vallei omring deur vuur en was die angsvlakke van inwoners redelik hoog.

Die vuur het binne 'n kilometer van Nature's valley kom draai.
'n verandring in windrigting en spoed kon die Vallei onder groot bedreiging geplaas het.
Welkome reens het die vuur uiteindelik geblus nadat dit vir 3 weeke onbeheers gebrand het.

Indien die Vallei weer onder bedreiging van vuur sou kom, hoe parraat is ons?
Is ons brandbestreidingstoerusting in 'n goeie toestand?
Hoe gereed en opgelei is ons vrywilligers.
 


UITREIKING


 

Die gemeenskap van Covie moes in der haas ontruim word, toe hulle deur die vuur omring word.
Die inwoners van Nature's Valley het uitgereik en 110 van hulle Woensdag en Donderdag in die kerksaal gehuisves.

Op baie kort kennisgewing het Bitou munisiepaliteit en die Nature's Valley gemeenskap, kos, matrasse, beddegoed en skuiling aan die slagoffers van die vuur voorsien.
Die kerksaal is onmiddelik op aanvraag deur die NG Kerk beskikbaar gestel.
 

'n Bedankingsbrief  is van die gemeenskap van Covie ontvang.
In die brief word die gemeenskap van Natures Valley, Bitou munisiepaliteit en SANparke vir hulle uitreiking in hulle uur van nood, bedank.


VALLEI MENSE - MARIE JOUBERT

Deur: Dick Birkill

Marie Joubert is die vriendelike en gewillige stem agter die foon as die NVBV katoor geskakel word

Marie is gebore op Uitenhage waar sy ook haar skoolopleiding ontvang het.

Na skool het sy haar verder bekwaam op Stellenbosch in ‘n handelsrigting.

Sy is in 1958 getroud met Pieter op Uitenhage. Uit die huwelik is twee kinders gebore, Suereida (Kaapstad, getroud, 2 kinders) en Schalk (Ashton, getroud, 1 kind)
Van 1960 tot 1992 af het hulle in Despatch gewoon en gewerk. Hulle het hulle in 1992 permanent in Nature’s Valley kom vestig in St Georgeslaan 246.

Kenmerkend van Marie is dat sy altyd kalm, vriendelik en effektief is - al is dit onder spanning. Sy is ook altyd bereid om te help, fluks in te spring en haar medemens by te staan.


CopyRight©2003-2004  Prepared maintained by C.P.S. 1 - 031215  NatVals