|

Posbus 222
Lagoonrylaan 388 The Crags 6602
Kantoorure: natrpa@worldonline.co.za
9 – 12 vm Tel: 044 531 6699
Ma/Wo/Do Faks: 044 531 6668
ONS STEL ONS SAAK - 'n Woordjie vooraf van die Voorsitter
Ons ontvang gereeld 'n stroom van besoekers en telefoonoproepe by ons kantoor, meesal van permanente inwoners wat 'n dringende vraag het of 'n frustrasie wil lug; dikwels kry ons ook dank en waardering van ons lede. Dit blyk dat daar 'n behoefte bestaan by die permanente inwoners vir opdatering oor ons aktiwiteite en die vordering wat ons maak, of gebrek daaraan. Gevolglik het ons besluit om 'n reeks kwartaallikse ope inligtingsvergaderings in Nature's Valley te hou. Die eerste vergadering is reeds op 28 Junie in die gemeenskapsaal gehou. Mornay du Plessis ons GSB en Paul Zietsman ons wyksverteenwoordiger is genooi om ook van hierdie geleentheid gebruik te maak om die publiek te ontmoet. Baie vrae is beantwoord en kwessies bygelê. Die doel van hierdie kort nuusbrief is om die selfde inligting aan al die ander Nature's Valley huiseienaars deur te gee. Daar is 'n aantal sake waaroor ek graag volledig wil rapporteer.
Eerstens moet ons ongelukkig rapporteer dat die NVBV- komitee twee lede armer is. Japie Mohr is skielik op 3 Mei oorlede en Doug Blaine, hoewel hy nog aanbly as Adjunkvoorsitter, verhuis tydelik na Kaapstad. Ons het Nico Loretz geko-opteer om ons geledere aan te vul, en ons wil hom hartlik welkom heet.
VERFILMING VAN "CRUSOE"
Een van die brandende kwessies wat op die vergadering ter sprake gekom het, en waaroor heelwat gerugte die rondte gedoen het, was die tydelike verbod wat SANParke se hoofbestuur geplaas het op die verfilming van 'n Britse TV reeks wat in Kalanderkloof sou plaasgevind het. Die NVBV is by 'n Kontraktuele vergadering van 12 Mei ingelig dat Moonlighting, Suid-Afrikaanse filiaal van 'n oorseese maatskappy , vanaf Mei tot middel Oktober, 'n film, genaamd "Crusoe" sou skiet in die De Vasselot seksie van die Tsitsikama Nasionale Park. Kort daarna is ons deur Moonlighting genooi om die plek waar die verfilming sou plaasvind te besigtig. Gedurende hierdie besigtiging het ons vasgestel dat
In die daaropvolgende samesprekings in ons kantoor het ons ooreengekom oor probleme wat ons gemeenskaplik ondervind. Die NVBV het gekonsentreer op sake wat die dorp direk raak en die Nature's Valley Trust het gefokus op ekologiese en wetlike probleme. Ons is ingelig dat Nature's Valley baie geringe finansiële voordele uit die verfilming sou trek omdat
Verder het ons tot 'n vergelyk gekom oor die:
Op die 14de Mei het die kabels en pilons opgegaan in Grootrivierpas ten spyte van die versekering wat aan ons gegee is. Voordat ons dit weer met hulle kon opneem, is die verfilming tydelik verbied deur die hoofbestuur van SANParke in Pretoria. Hierdie stap is geneem nadat die Nature's Valley Trust dit onder hulle aandag gebring het dat daar heelwat tekortkomings in die kontrak was en dat sekere prosedures nie gevolg is nie. Daarbenewens sou die verfilming 'n reuse langtermyn negatiewe impak op die ekologie van die woud hê. Die NVBV het baie min seggenskap in die affêre gehad omdat geen verfilming in die Kontraktuele Nasionale Park sou plaasvind nie. Ons is dankbaar dat die Trust soveel moeite gedoen het om ons natuurlike erfenis te beskerm - en terloops ook ons klein maar waardevolle toerisme industrie.
Moonlighting is nog besig om te verfilm in ander minder kwesbare areas in die omgewing. Op Sondag 2 Augustus was daar 'n daglange skiet by die Grootrivierbrug met honderde plaaslike en ander toeskouers.
HERWAARDASIE VAN EIENDOMME
Die volgende brandende kwessie wat na vore gekom het op die vergadering , is die herwaardering van ons eiendomme vir belastingdoeleindes. Bitou, in lyn met ander munisipaliteite, gaan ons eiendomme op huidige markwaarde takseer. Die nuwe tariewe sal op 1 Julie 2009 in werking tree (nie 2008 soos verkeerdelik gekonstateer is in die waardasiefirma se kennisgewing nie). Ons het die versekering dat elke eienaar die geleentheid gegun sal word om kapsie te maak teen sy waardasie. Daar is egter onsekerheid oor die riglyne vir die vasstelling van markwaarde en oor Bitou se waardasiebeleid. As 'n diens aan ons lede, het die NVBV 'n geswore waardeerder in Plettenbergbaai geraadpleeg om huiseienaars te adviseer oor hulle waardasies en die korrekte prosedure om te objekteer. Ons wil graag ook vir Paul Zietsman bedank vir die inligting wat hy oor die saak bekom het.
DORPSBEPLANNING: Jeanne Biesenbach (adjunk-voorsitter) |
Mense en gebeure: Michael Perlman |
In Memoriam
Japie Mohr: Ons is diep geskok en hartseer oor die skielike heengaan van Japie op 3 Mei. Hy was ‘n kernfisikus wat sy MSc op Stellenbosch en PhD aan die Universiteit van New York behaal het.
Na sy aftrede het Japie en Bernice in 2003 hulle permanent in die Vallei gevestig waar hy die afgelope paar jaar ‘n uiters waardevolle lid van die Beboude Omgewingskomitee was. Japie het alle bouplanne vir die NVBV hanteer en het deurtastende navorsing van die Nature’s Valley residensiële gebied gedoen.
Ons innige medelye aan Bernice en hulle twee seuns.
Judy Joubert: Judy is na ‘n lang siekbed op 1 Mei oorlede. Sy en Dave het hulle huis in St George’s vir 15 jaar besit en die afgelope 7 jaar permanent in die Vallei gewoon.
Ons innige medelye aan Dave, hulle dogters en kleinkinders.
Penelope Gold: (Erf 14 St Michael’s) Penny is oorlede op 9 Julie, na ‘n lang siekbed. Haar familie is reeds vir 44 jaar met Nature’s Valley verbind, Aan die kinders, kleinkinders en Breen familie ons innige simpatie.
REëNVALVERSLAG: Anne Haxton |
| 2004 | 2005 | 2006 | 2007 | 2008 |
Januarie | 70 | 61 | 89 | 54 | 62 |
Februarie | 86 | 49 | 20 | 41 | 48 |
Maart | 82 | 109 | 62 | 97 | 42 |
April | 61 | 47 | 101 | 30 |
|
Mei | 21 | 46 | 100 | 102 |
|
Junie | 42 | 23 | 46 | 41 | 69 |
Julie | 34 | 13 | 91 | 40 | 14 |
Augustus | 38 | 8 | 232 | 55 |
|
September | 142 | 34 | 16 | 18 |
|
Oktober | 74 | 14 | 57 | 86 |
|
November | 20 | 93 | 61 | 308 |
|
Desember | 203 | 46 | 60 | 89 |
|
Totaal mm | 873 | 543 | 935 | 961 | 235 |
BOU AANGELEENTHEDE
Marina Niven het aangesluit by die Beboude Omgewing portefeulje waar sy verantwoordelik sal wees vir Bouplanne na die skielike en tragiese dood van Japie Mohr.
In Februarie is ’n vergadering met Cresswell Basson (Hoof: Boubeheer en Infrastruktuur Onderhoud) van Bitou gehou. Sake soos onopgeloste bou kwessies, onwettige boubedrywighede, die noodsaaklikheid van bou regulasies afdwing en gereelde terrein inspeksies, is bespreek. Dit is gevolg deur ’n tweede suksesvolle vergadering met Cresswell Basson en Khanyisa Sintu, nuut aangestelde senior bou-inspekteur, te Nature’s Valley in April. Khanyisa is verantwoordelik vir boubeheer in Nature’s Valley en ons is baie bly om te berig dat ons uitstekende samewerking, ondersteuning en terugvoering van hierdie Bitou departement kry.
Tans ondersoek Bitou 5 gevalle van onwettige bouwerk in die Vallei maar ons is daarvan oortuig dat gereelde monitering en inspeksies deur ’n senior bou-inspekteur van Bitou ’n einde aan hierdie toedrag van sake sal maak,
Erf 131: toekenning van sonering
Ons wil dit graag beklemtoon dat die NVBV opgradering van die Nature’s Valley Trading Store ondersteun. Die winkel is op erf 135 met ’n Sake II sonering waarteen ons nog nooit geobjekteer het nie.
Tydens die Februarie 2008 vergadering van die burgemeesters uitvoerende Komitee (Mayco) het Bitou besluit om ’n sonering van residensieel III (dorpshuise) aan erf 131 toe te ken in weerwil van die feit dat die NVBV en 133 eienaars amptelik hierteen beswaar aangeteken het.
Nadat Bitou se motivering vir die goedkeuring van hierdie sonering bestudeer is en kundige advies ingewin is, het die NVBV besluit om appèl teen die besluit van die munisipaliteit aan te teken. Elk van die 133 beswaarmakers is per brief in kennis gestel van die NVBV besluit asook die redes daarvoor.
Die kern van die saak is as volg:
Appèlle is by die Wes-Kaapse Departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning ingedien.
Erwe 335 en 336
Voorgestelde verkoop per tender
In die Bitou News van 1 Augustus 2008 vra Bitou munisipaliteit tenders aan vir die koop van erwe 335 en 336. Tenders sluit op 5 September 2008.
Ninham Shand: “Proposed Inprovement of Sewage Management at Nature’s Valley: Final Environmental Impact Report” July 2008. Op 31 Julie het Ninham Shand, raadgewende ingenieurs wat deur Bitou munisipaliteit aangestel is om ondersoek in te stel na die verbetering aan riool fasiliteite in Nature’s Valley, ’n brief aan alle belanghebbendes (I & AP’S) gestuur waarin hulle sê dat die omgewings inpakverslag (EIR) gefinaliseer is en op 1 Augustus 2008 by die Departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning ingedien is.
Die verslag bevat die volgende belangrike inligting m.b.t. erwe 335 en 336:
Annexwe H: Hierdie aanhangsel bevat die Bitou munisipaliteit brief van 15 Julie 2008 aan die Departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning.
In die brief word daar gesê dat eenstemmigheid oor die erwe 335 en 336 binne die munisipaliteit bereik is en dat erwe 335, 336 en 337 weer vir die voorgestelde riolerings fasiliteite in Nature’s Valley beskikbaar is.
Dit word verder gestel dat, ongeag watter rioleringsopsie deur die munisipaliteit goedgekeur word, erwe 336 en 337 (en 335 as buffergebied) behou sal word om voorsiening te maak vir toekomstige verbeterings en uitbreidings aan die rioleringstelsel.
Ninhan Shand aanbeveling
Dit word duidelik in die verslag gestel dat erwe 336 en 337 en 335 (as buffergebied) behou moet word ongeag watter opsie deur die munisipaliteit goedgekeur word.
NVBV optrede
Die NVBV het onmiddellik regsadvies by ons prokureurs ingewin en op 18 Augustus ‘n brief aan die munisipale bestuurder oorhandig waarin ons ten sterkste beswaar aanteken teen die verkoop van die twee erwe.
Aangesien erwe 335 en 336 benodig word vir basiese munisipale dienslewering op Nature’s Valley mag Bitou ingevolge bestaande wetgewing nie sulke kapitale bates verkoop nie.
Die NVBV versoek Bitou om die tenders terug te trek, en behou die reg voor om die nodige regstappe te neem indien dit nie voor 5 September 2008 gebeur nie.
INFRASTRUKTUR: Juan le Roex |
Komitee
Juan le Roex sal voortaan in beheer wees van hierdie portefeulje aangesien Doug Blaine vir die res van die jaar sowel as 2009 in Kaapstad werksaam sal wees. Doug bly aan as lid van die Komitee.
Grootrivierpas en–brug
Na verdere gesprekke met die Wes-Kaapse paaie departement sowel as met ons Raadslid Euan Wildeman is tydelike herstelwerk aan die brug gedoen maar dit is slegs vir (onderhousdoeleindes). Die pas bly dus gesluit vir deurverkeer. Daar is tans nie fondse beskikbaar vir permanente herstelwerk nie.
Syfering op die strand:
Gedurende die Paasnaweek het verskeie persone ‘n onwelriekunde syfering van wat na ------ gelyk het op die strand waargeneem. Bitou Munisipaliteit is in kennis gestel en het twee keer monsters kom neem vir toetsing. Dit blyk dat die syfervloeistof nie riool was nie maar verrotende plantmateriaal. Intussen het die probleem vanself verdwyn.
VEILIGHEID EN SEKURITEIT: Piet Oothuizen |
Ons moet ongelukkig rapporteer dat Dave Joubert, 'n permanente inwoner van Nature's Valley, op 18 Junie helder oor dag in sy huis aangeval en ernstig beseer is. Die polisie en ambulans is dadelik in kennis gestel deur Henry de Freitas, wie se werknemers by 'n naburige huis met konstruksiewerk besig was. Die polisiereaksie was besonder vinnig en die verdagtes is nog die selfde dag in hegtenis geneem. Die NVBV het hulle dank betoon deur verskeie briewe aan die pers.
Tot almal se konsternasie is die verdagtes vrygelaat sonder 'n verhoor omdat daar gebreke was in die klagstaat. Die NVBV het met die Joubert familie kragte saamgesnoer en offisieel protes aangeteken teen hierdie onreg. Ons is dankbaar om te kan rapporteer dat die saak heropen is.
Daar is darem 'n silwer randjie om hierdie donker wolk: ons het die geleentheid gekry om persoonlik kontak te maak met die plaaslike polisie, 'n groot faktor in die veiligheid van Nature's Valley se inwoners.
Daar kom nog gereeld inbrake in die baie leë huise in Nature's Valley voor. Dit is opmerklik dat die huise wat alarmstelsels het hierdie plaag vryspring. Ons wil u graag weer herinner aan die spesiale ooreenkoms wat die NVBV met veiligheidsmaatskappye in die Vallei beding het.