| |
Nature's Valley NuusSeptember 2004 - Uitgawe 9 | |
| Kantoorure: 09h00-11h00 Maan./Woens./Don. | Posbus 222 The Crags 6602 |
IN HIERDIE UITGAWE | ![]() |
Brief van die Voorsitter: Gordon PatersonIn hierdie nuusbrief wil ons graag ons beleid en doelwitte oor die sake wat ons die meeste raak, verduidelik – differensiale tariewe en sekuriteit. Ons wil u graag vertel wat ons wil bereik, wat betrokke is en hoe ons vorder, ten einde realistiese verwagtinge te skep. Die realiteit is dat die interaksie met die huidige tye se munisipale organisasies baie tyd, moeite en geduld verg. Ons moes fokus om netwerke en vennootskappe binne die munisipaliteit te ontwikkel.en dan die”stelsel te werk”. Die dae van eise stel vir ‘n beter diens en ‘n regverdige tariewe stelsel is verby. Maar wat sekere sake betref moet ‘n mens standpunt inneem oor sekere aangeleenthede. Die her-instelling van differensiale tariewe vir Nature’s Valley is een so ‘n saak. DIFFERENSIALE TARIEWEDie afgelope aantal jare was daar ‘n hele aantal nuwe wetgewings wat bepaal wat ‘n munisipaliteit mag doen en wat nie. Gekoppel aan die deursigtigheid in terme van munisipale rekenkunde, wil dit voorkom asof ons saak vir die herinstelling van differensiale tariewe vir die Vallei verbeter het.Baie van u het voorbeelde in ander streke genoem waar tariewe aangepas is, in verhouding tot die dienste gelewer en infrastruktuur verskaf. Ons versoek u om ons te e-pos/ faks met soveel voorbeelde en inligting as waaroor u beskik. In die verlede was ons onsuksesvol in die pogings, maar soos gemeld lyk sake meer gunstig en ons volg die aangeleentheid met entoesiasme op. Ons ondersteun die beginsel van kruisbestuiwing met ander gemeenskappe, maar ons stem nie saam dat ons proporsioneel meer moet bydra as die meer gegoede voorstede van Plettenbergbaai, terwyl ons ‘n baie kleiner infrastruktuur het nie.
SEKURITEIT – André HammanOp die misdaadfront beleef ons tans ‘n stiller tyd. Die warmer maande wat Kom, mag dalk weer ‘n misdaad oplewing tot gevolg hê. Wat veiligheid Betref, is daar twee belangrike verwikkelings: Eerstens het daar ‘n vertraging ingetree wat die beoogde Munisipale Verbeterings Distrik (MVD) -wetgewing betref. ‘n MVD-stelsel was in gebruik in Hermanus, maar dit word tans bevraagteken as ‘n onkonstitusionele aksie. Die Bitou plaaslike owerheid het na aanleiding hiervan besluit om eers terug te staan met die aansoek by die provinsie en dit is onwaarskynlik dat goedkeuring in hierdie verband nog vanjaar deugevoer sal word. Die vertraging van die MVD-wetgewing noop ons om te besin oor maatreëls vir die interim periode. Dit bring ons by die tweede belangrike verwikkeling. Hierdie verloop maak dit prakties onmoontlik om die beoogde 24 uur veiligheidsdiens, toegangsbeheer by ingang en patrolliediens in die dorp, nog in 2004 in werking te stel. Sodanige diens is in beginsel op ‘n vergadering in April 2004 gesteun mits dit volhoubaar en bekostigbaar is. Die MVD-stelsel is geskik vir die bedryf van sodanige veiligheidstelsel, omdat dit impliseer dat die Bitou plaaslike owerheid toesig het daaroor en dat bedryfskoste maandeliks deur middel van ‘n heffing op die maandelikse diensterekening van al die grondeienaars verhaal kan word. Gedurende April 2004 het Die Groter Plettenbergbaai Gemeenskaps Polisie Forum (GPF) tot stand gekom. Die GPF is ‘n staats inisiatief om gemeenskapsbetrokkenheid te bevorder, wat uiteindelik sal lei tot meer effektiewe polisiering en misdaadvoorkoming in ‘n betrokke gebied. Die NVBV dien saam met ander belanghebbende gemeenskapsorganisasies as lede van die Groter Plettenbergbaai GPF. Die GPF bied ‘n platform vir wedersydse terugvoering en kommunikasie oor voorvalle, probleme, ens. Positiewe plaalike nuus is die heropening van die sektor sateliet polisiestasie in Kurland. Hierdie stasie bedien The Crags, Kurland, Nature’s Valley en Covie en bestaan uit ‘n sektor bevelvoerder en twee konstabels. Die NVBV bestuur is van mening dat die uitbou van verhoudings met die SAP baie belangrik is. Die Kurland polisiestasie bied ‘n ideale geleentheid vir hulpverlening en die aanspreek van probleme, wat die uitvoering van pligte van beamptes sal vergemaklik. Dit het vir die NVBV duidelik geword dat daar ‘n duidelike veskil bestaan tussen misdaadvoorkoming en beveiliging Eersgenoemde is ‘n funksie van die staat (polisiediens) en laasgenoemde ‘n verantwoordelikheid van die individu en verteenwoordig dit wat ons self kan doen (bv. om ‘n alarmstelsel te laat installeer). Firmas wat veiligheidsdienste verskaf reageer slegs op hulle eie kliënte se versoeke en oproepe Tans is daar sowat 120 huise toegerus met alarmstelsels. Statitiek toon dat dit grotendeels huise sonder alarmstelses is wat deurloop onder misdadigers. BEVEILIG U EIENDOM DEUR ‘N ALARMSTELSEL TE LAAT INSTALLEER. OPSIES VIR NATURE’S VALLEY RIOOLAFVOER Saamgestel deur: FRANS WAGENERTHE SETTING:- Sewage disposal options for Nature’s Valley
Met al hierdie skoonheid wat ons omring, is daar nie plek vir ‘n konvensionele rioolplaas soos buite die meeste ander dorpe nie. En om ons riool tot buite die vallei te pomp, sal ‘n ‘n pyplyn vereis deur ongerepte Nasionale Park bos, drie pompstasies teen die berghang uit, elk met ‘n opgaardam, kraglyne en toegangspaaie. Dan is daar nog die hoë inset- en lopende kostes vir ‘n stelsel wat binne seisoen vir meer as 2000 mense voorsiening moet maak, maar minder as een tiende soveel gedurende die grootste deel van die jaar. Voordat ons dus hierdie opsie oorweeg, sal ons (en SANParke, wat dit sal moet goedkeur) tog seker moet vra: “Is daar nie ‘n beter oplossing nie? Regverdig die probleem so ‘n duur oplossing?” Dus moet ons na alternatiewe soek. Septiese tenks en sugputte is al vir baie jare die standaard stelsel vir NV. Miskien lyk hulle oudmodies, maar volgens ‘n internet-bron, maak 60 miljoen Amerikaners tans op hulle staat. Twee derdes van NV lê op diep sand en met ‘n watertafel wat diep genoeg is vir sugputte om goed te werk teen minimale lopende onkoste, veral as ons ‘n paar eenvoudige reëls nakom. Reëls soos om nie die organismes wat die werk moet doen te vergiftig, met produkte soos Jik, kloor, sigaretstompies en chemiese skoonmaakmiddels nie. Party van ons kom selfs weg met ‘n stelsel wat oorspronklik ontwerp is vir ‘n huisie met een badkamer/toilet, terwyl die aantal slaapkamers verdubbel is en nog twee badkamers bygevoeg is! Maar die vraag was eintlik of die gebruik van sugputte lei tot besoedeling. Sommige mense is besorgd oor so ‘n moontlikheid, terwyl ander volhou dat ons plante en grond ons suiwer huishoudelike afval kan hanteer. Ons het immers geen industrieë hier of in die opvangsgebied nie. Dis egter noodsaaklik dat ons, ons besluite moet baseer op harde feite. Deurlopende analise deur die munisipaliteit van water uit boorgate wat in 1998 naby die strandmeer geboor is, weerspreek die idee dat besoedeling van die grondwater opbou. Op ons versoek, is ‘n verdere nege toetsgate oor die res van NV onlangs voltooi. Dus sal ons binnekort resultate van dwarsoor NV hê om ons besluite te rugsteun. Dan is daar die opgaartenks. Hulle bied ‘n opsie waar sugputte vanweë ‘n vlak watertafel of klei nie kan werk nie. Daar vervul hulle ‘n belangrike doel om te verhinder dat riool-besoedelde water in die stormwaterpyp en vandaar in die meer beland. Maar baie opgaartenks is aangebring waar nuwe inligting mag aandui dat hulle gebruik nie noodsaaklik is nie. Opgaartenks is ongelukkig duur, onaangenaam en plaas die munisipale diens tydens die seisoen onder groot druk. Blykbaar het kontakteurs wat met spitstyd moes kom uithelp, R1800 per uur gevra vir hul diens. En ja, ons kan baatvind by nuwe tegnologie. Baie van die nodige biologiese, chemiese, ingenieurs- en bodemkundige kennis wat benodig word om opsies te evalueer, is beskibaar onder ons eienaars. Ons het trouens ons kennis uitgebrei uit bronne soos verslae, besoeke aan installasies, die internet, verskaffers van tegnologie en ’n studie van plaaslike omstandighede. Weens min ruimte kan daar nie hier meer volledig ingegaan word op die resultate nie, maar ‘n opsomming is beskikbaar by ons NVBV-kantoor vir digene war meer besonderhede verlang Daar was en is ‘n belangrike rol vir kundige onafhanklike konsultante om te vervul. Maar NV- eienaars kan vanweë hul intieme kennis van plaaslike omstandighede ‘n belangrike addisionele bydrae lewer. Juis daarom is ‘n Gesamentlike Loodskomitee van NV- eienaars en die Bitou Munisipaliteit in die lewe geroep. Die loodskomitee kom sedert die begin van 2004 gereeld byeen. ‘n Gesonde werksverhouding is tot stand gebring en goeie vordering is reeds gemaak. Ons doelwit is om teen November vanjaar grondige voorstelle op die tafel te plaas. Dis nog te vroeg om nou reeds die inhoud daarvan vooruit te loop, behalwe om aan te dui dat daar heel moontlik van ‘n kombinasie van tegnieke gebruik gemaak sal word om by plaaslike omstandighede aan te pas en dat die implimentering weens die voorafgaande impakstudies en munisipale begroting in fases oor twee of meer finansiële jare vanaf 2005-6 sal geskied. Wees op die uitkyk vir meer inligting in die volgende Nuusbrief en tydens die Algemene Jaarvergadering. Die “moets en moenies” van rioolafvoer in Nature’s Valley Opgaartenks:
BEBOUDE OMGEWING – Jeanne BiesenbachWat bedoel ons met Beboude omgewing? Dit is die teenoorgestelde van Natuurlike omgewing, m.a.w dit dek elke struktuur wat ons op die pragtige stukkie van Moeder Aarde plaas. Daar is reels en riglyne oor wat ons kan doen en nie mag doen as eienaars nie. Dit is die NVBV se mandaat om eienaars in te lig as hulle wil bou of aanbouings wil doen oor wat die reels is en hulle aan te moedig om structure so te beplan om die karakter van die Vallei te weerspieel. M.a.w.structure wat aanpas by die bos en die duinelandskap. U mag sê “dit is ‘n onmoontlike en onrealistiese verwagting”. Ja, u mag bou watter styl u ookal verkies, maar ons vra u om die material wat u gebruik, die afwerking ens. ernstig te oorweeg. Neem u bure in alle opsigte in ag. Ons wag al geruime tyd vir die beloofde bouregulasies en riglyne. Intussen word Bitou Munisipaliteit se Stadsbeplannings Afdeling oorval met bouplanne. Daar is tans meer as 3000 ontwikkelings in die pyplyn. Dit wissel van enkel residensiele tot multi-eenheid komplekse. Ons poog om hul werkslas te verligdeur bouwerk in die Vallei te monitor. Die Gemeenskap Skakelbeampte is geregtig om eiendom te betree – ons nie. Dit help om die kultuur van ongemagtigde bouwerk wat al dek te bestry. Ons het steeds probleme met kontrakteurs, argitekte en eienaarsin die verband, maar ons is toegewyd om te verseker dat al die bouwerk in die Vallei voldoen aan die huidige regulasies en dat alle partye bewus is van die regulasies. Ondersteun ons asseblief deur u samewerking Bouplanne is vir die volgende eiendomme ontvang en aanbeveel vir goedkeuring:
Bousake:Ons is bewus van ‘n aantal ongemagtigte bouaktiwiteite waarvoor geen planne by Bitou Munisipaliteit ingedien is nie.In sulke gevalle word die bouers deur die Bouinspekteur verplig om die bouwerk te staak tot tyd en wyl die nodige planne ingedien en goedgekeur is. Dit is duidelik dat die proses geweldige vertragings vir die eienaar en die bouer veroorsaak. Ons versoek eienaars om aan al die vereistes te voldoen . Planne word vir alle aanbouings op u eiendom vereis. POSITIEWE VERHOGING IN LEDETALIn die Meinuusbrief het ons die werkslading van die NVBV beskryf. Ons het ook gevra: “ Sal ons slegter daaraan toe wees indien die NVBV nie bestaan nie?” en het ons sekere feite ter steuning van die rol van die NVBV gemotiveer. U terugvoering het bevestig dat die meerderheid reken ons sou slegter daaraan toe wees, 53% om presies te wees. Dit is die aantal huiseienaars wat die NVBV ondersteun. ‘n Reuse dankie. Die toename in lidmaatskap is ‘n oorweldigende stem van vertroue. Die lidmaatskap die vorige drie jaar was minder as 30%.(nou ongeveer 53%) Ons doelwit is minstens 80%, wat ons in staat sal stel om die behoeftes van die gemeenskap meer akkuraat te verteenwoordig en gee ons ‘n verteenwoordigende stem in ons onderhandelinge met Bitou Munisipaliteit, namens die belastingbetalers van Nature’s Valley. By die AJV het verskeie van u aangebied om behulpsaam te wees met ons veltog om ons lidmaatskap te verhoog. Al die belastingbetalers was nie by die AJV nie en ons vra die wat daar was om hul bure en vriende aan te moedig om die beweging te ondersteun. Ons vra u weer eens om met ons te praat - laat weet indien u nie belangstel nie en waarom nie.
FINANSIËLE VERSLAG Clive Harraway / Dick BirkhillDaar is by die vorige jaarvergadering besluit om die finansiële jaar van 31 Desember tot 30 Junie te verander. Die boeke is aldus 30 Junie 2004 afgesluit en is ons nou in die nuwe finansiële jaar. Die volgende state is voltooi, ge-oudit en is ter insae by die NVBV sentrum.
Ons is bewus daarvan dat meeste lede gewoonlik gedurende Desember bydra, en sal dit ons kontantvloei verbeter indien u betalings kan herskeduleer vir tussen Julie en September elke jaar. Voorsien ons asb. van u e-pos adres, dit maak kommunikasie maklikerFondse nog benodig vir 2004/2005: R 116, 000-00 Ondersteun ons asseblief. U bydrae stel ons instaat om Nature’s Valley meer effektief te bestuur. (stuur asb. Terug na die NVBV) Tel / Faks: 044-531 6668 Posbus 222, The CRAGS 6602 Of e-pos na natrpa@worldonline.co.za U BESONDERHEDE: Titel : Voorletters : Van BANKBESONDERHEDE: Die gemiddelde bydrae is R400 p.j Dankie vir die volgende bydraes ontvang sedert die laaste nuusbrief:(Met die ter perse gaan):Dankie vir die volgende bydraes ontvang sedert die laaste nuusbrief: Erf No. 10, 23, 27, 30, 92, 104, 145, 151, 178, 234, 294, 298, 401, 436, 437, 450 380 en 381380 EN 381 Beteken die nommers vir u iets? Toe Nature’s Valley Dorpsgebied uitgelê is, het die ontwikkelaars die twee erwe as Openbare Oop Spasies aan gedui. JAN BOTHAInwoners van Nature’s Valley was bedroef met die nuus van die oorlye op, 7 Julie 2004, van Johannes Jacobus Botha - Oom Jan, soos hy in die omgang bekend was. Jan, altyd onberispelik gekleë, het aangepas by sy huis, ‘n landmerk in St Michael’slaan, waarop hy so trots was. Aan Mart en sy geliefde gesin, ons innige simpatie.
| |
CopyRight©2003-2004 Prepared maintained by C.P.S. 1 - 031215 NatVals | |